

» Flint
ie se blog
Centered Cutegirlfucked Nl 129 Cute Girl FuckedGrootste huwelik les wat ek seker geleer het tot nou toe is om NOOIT die ander persoon te probeer verander nie. Laat hy wees wie hy was toe jy vir hom ja gesê het. Indien jy hom nie toe geken het nie, is dit net jouself wat jy moet blameer, en oor dit moet kom, en aanbeweeg.
Dood staan soos n donker skadu om my die laaste paar maande, en ek dink aan jou my vriend. Is dit verkeerd om te hoop jy bly leef as jou moed reeds gebreek is?
As jy gaan sal ek ook verstaan, maar dis my eie selfdienende oortuigings wat jou hier wil hou.
Hoe weerloos mag jy jou siel op die internet maak? Hoeveel mag jy deel in n openbare forum soos dit?
Dis Vrouedag, en ek sit hier in ‘n toestand van algehele nostalgie en dink aan al die vroue wat so ‘n groot rol in my lewe gespeel het.
Ouma se soet tee en koekies wat enige probleem klein kon laat lyk.
My wyse Moeder wat net weet wanneer om stil te bly, want stilbly is ook ‘n antwoord.
My suster, vir wie ek my lewe sal gee.
Die skoonma wat soos my eie is, en my skoonsus wat altyd kan laat lag.
Elke vriendin wat ‘n woord van ondersteuning deur die jare gegee het.
Elke bediende wat soos my eie ma agter my loop en skoonmaak het.
Ek salueer elke een van julle vandag.
Ons land, ons politiek en ons menswees is soveel meer as gevolg van julle. As mans die beskermers van land en volk is, dan is vrouens die beskermers van hart en geestelike welstand. Sonder julle sou ons soveel minder mens gewees het vandag.
Julle ondersteun, julle adviseer en julle baklei as julle moet. Daar is niks waarvoor julle terugstaan nie.
Ons onbesonge heldinne, die dag is vir julle!